Date Range
Date Range
Date Range
Die rooi kar het langs die pastelkleurige huis gestaan. Opmerklik teen die ligte pers en die sagte groen van die strandhuis wat al hoe dowwer brand in die warm son. Ek was 16 en hy was seker hopeloos te oud. Maar oud genoeg om met sy rooi Corsa vir ons vakansie-bure te kom kuier.